Op Vrydag 13 Mei 2022 het Sibusiso Booi, ’n graad 5-leerder aan die skool, almal verras met sy selfgemaakte rugsak vir die “No School Bag Challenge”.
Hy het die prys in sy graad verower.
Hy is ook ’n entrepreneur in wording. Hy het ’n kluis eiehandig ontwerp en gemaak. Die skool wens Sibusiso geluk en voorspoed toe op sy lewenspad vorentoe.