Wat gebeur wanneer nege onthaalplekke kragte saamsnoer en sestig persone aan die Malmesbury-sakekamer se Safari-ete met ’n Gatsby-tema deelneem?
’n Aand vol swier, pret, verrassings en heerlike saamkuier – dís wat gebeur het toe Swartland-wynkelder, Buffalo’s, Almond Bridge-gastehuis, Malmesbury Guesthouse, Café Myrtledene, Beef & Barrel, Hill View, die Herehuis en die restaurant by die Malmesbury-gholfklub saamgespan het om die korona-blues te laat wyk.
Hoewel die gedagte aan hierdie safari-ete reeds in 2020 ontstaan het om sakeondernemings in die gasvryheidsbedryf te ondersteun, kon dié projek weens al die vlae Covid-inperkings nou eers deurgevoer word.