Sadanha-rugbyklub sê 4 000 toeskouers welkom

Die Saldanha-rugbyklub het danksy die aanpassing aan die Covid-19-inperkingsmaatreëls verlede Dinsdag (22 Maart) goeie nuus vir rugbyliefhebbers.


Die Saldanha-rugbyklub het danksy die aanpassing aan die Covid-19-inperkingsmaatreëls verlede Dinsdag (22 Maart) goeie nuus vir rugbyliefhebbers.

Die derde Transnet-Saldanha se Super8-toernooi vind van 14 tot 17 April by die Transnet-stadion plaas en Saldanha is die gasheer vir die besoekende spanne wat kom meeding.

Vanjaar se deelnemers sluit in Darling, Roses United, Crusaders (George), Kuilsrivier, Progress (Uitenhage), Robertson en Caledon.

Die toernooi-organiseerders het vroeg reeds aangekondig dat Covid-reëls sal geld. Aanvanklik sou slegs 2 000 toes­kouers by die stadion toegelaat word, maar danksy die verslapping van die inperkingsmaatreëls sal 4 000 mense nou by die hekke ingelaat kan word.

“Dit is ook verblydend dat die rampreëls toelaat dat mense wat nie ingeënt is nie, ook nou die wedstryde kan bywoon mits hulle kan toon dat hulle in die voorafgaande 72 uur negatief vir Covid-19 getoets is. Sulke antigeen-toetse, of die ‘rapid test’, is algemeen by klinieke beskikbaar en as jou toets negatief is, hoef jy net die bewys saam met jou ID te bring en jy sal wel tot die stadion toegelaat word,” sê die organiseerders.

Aanhangers wat nie hul span persoonlik kan kom ondersteun nie, sal al die wedstryde op SuperSport kan kyk.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.