Die Suid-Afrikaanse Kaasfees het die afgelope naweek met ’n Weskus-fees begin. Die SA Kaasfees het vanjaar ’n vernuwende benadering deur oor twee naweke by twee verskillende bestemmings aan die Weskus en in die Wynland op te wip: Saterdag 23 en Sondag 24 April was dit Groote Post buite Darling se beurt en die komende naweek kan feesgangers aan ’n wye verskeidenhied kase, uitgesoekte versameling bekroonde wyne, boetiekbier en -jenewer asook ’n handvol lekker ervarings by Sandringham buite Stellenbosch gaan smul. Die fees word oor drie dae – Saterdag 30 April, Sondag 1 Mei en Maandag 2 Mei – by Sandringham buite Stellenbosch aangebied. Regs: Jillian Hill, Ashley Boks en Elvina Snell Fortuin het hul gate uit geniet by die naweek se kaasfees-ervaring by Groote Post.


SA Kaasfees begin

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article