Ruk en rol tot op die sand

Nou kan almal die see geniet.


Nou kan almal die see geniet.

Toegang tot die strand by Yzerfontein is nou vir almal moontlik. ’n Oprit wat die afgelope twee maande opgegradeer is, is Saterdag 26 Maart amptelik geopen en uiteindelik aan die publiek bekendgestel.

Swartland Gazette het vroeër berig oor die splinternuwe oprit wat dit nou vir mense met gestremdhede, gebreke, bejaardes of selfs ’n stootwaentjie vir babas moontlik maak om die strand op hul gemak te bereik (“Almal kan nou by see kom”, 15 Februarie 2022).

Die inspirasie agter die langverwagte en nodige ontwikkelingsprojek is te danke aan drie plaaslike inwoners – die jong Charlie McNeil Wheatley en die tweeling Annika en Chené Venter, wat elk aan ’n skaars vorm van serebrale ataxia ly.

Hulle kan Yzerfontein se strand nou saam met alle besoekers in hul rolstoele geniet.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.