PORTERVILLE – Die Voorberg-bestuursarea van die departement van korrektiewe dienste het verlede week van Maandag tot Donderdag, 13 tot 16 Julie, ’n rugbytoernooi gehou.
Aangehoudenes van tien bestuursareas in die Wes-Kaap het deelgeneem aan dié toernooi wat gehou is om met Mandela-dag saam te val aangesien oudpresident Nelson Mandela uitgesproke was oor die regte en rehabilibtasie van aangehoudenes. Die Wes-Kaap het gevestigde sportsentrums by die Voorberg, Drakenstein en in die Suid-Kaap se korrektiewe sentrums waar groot sukses behaal word met die rehabilitasie van aangehoudenes deur middel van sport. “Die sukses is fenomenaal,” het Mariska Pietersen, die kommunikasiebestuurder verlede week gesê.
Die eindstryd is gespeel tussen Drakenstein en Brandvlei. Die telling was 26-3 in Drakenstein se guns


