Rugby skop af vir eerste 7’s-toernooi in die Paarl

Aksiebelaaide rugby is dié naweek weer op die spel wanneer Hillcrest United-rugbyklub van Wellington sy jaarlikse 7’s-toernooi Saterdag (22 Januarie) op die Faurestadion in Paarl aanbied.


Aksiebelaaide rugby is dié naweek weer op die spel wanneer Hillcrest United-rugbyklub van Wellington sy jaarlikse 7’s-toernooi Saterdag (22 Januarie) op die Faurestadion in Paarl aanbied.

Hierdie toernooi word die vyfde jaar aangebied en beloof om nog groter te wees met prysgeld ter waarde van R15 000 op die spel.

Vanjaar neem 16 spanne reg oor die Boland- en WP-rugbystreke deel. Wesbank is in die laaste toernooi in 2020, voordat Covid ingetree het, as die kampioen gekroon.

Die spanne wat vanjaar sake vir die groot prys gaan uitspook, is onder meer Hillcrest, Newtons, Roses, Wesbank A & B, Darling, Mooreesburg, Saron, Hands & Hearts, Vinyards Paarl, Warriors, Spartans, Ubuntu en die Zhakai Kings.

Oor die jare het 7’s-rugby baie in die Boland en WP gegroei.

Die klub nooi graag almal om die dag saam te kom geniet. Tariewe beloop R20 per toeskouer, R10 per voertuig en R10 per koelboks.

Daar sal ook lekker kosstalletjies, koeldranke en musiek wees. Die hekke open reeds om 8:00, en die wedstryde skop stiptelik om 9:00 af.

Toeskouers kan hul eie gazebo’s opslaan.

Alle Covid-protokol sal geld oor maskers, afstand en sanitering.. Jovan-re Cupido by 073 296 3575 of Johan Fransman by 073 733 9198 vir nog inligting.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.