Robertson RFC het sy seisoen Donderdag 6 Januarie reeds “afgeskop” met die aankondiging van sy nuwe afrigtingskorps.

Die span, onder leiding van Danny Benjamin, sal hierdie week die voorbereiding vir die seisoen by die Van Zyl-sportterrein begin. Oefeninge begin Dinsdag en Donderdag om 18:30.

Die bestuur en afrigters het met ’n groep spelers vergader.

Vriendskaplike wedstryde sal later bekend gemaak word, maar daar wag sommer baie goeie wedstryde vir die span van Robertson RFC met die opbou na die seisoen.

You need to be Logged In to leave a comment.