Meneer die eienaar van wit Prado met die CER-nommerplaat.
Ek was Vrydag 24 Julie rondom middagete verstom om te sien hoe jy by die treinspoor by Robertson ’n KFC-sak by die bestuurskant op die pad uitsmyt. Ek het voet neergesit om jou registrasienommer in die hande te kry en wat gebeur toe ek jou eers teen ’n enorme snelheid by Springfield inhaal? Jy gooi jou waarlik nóg ’n KFC-sak by die venster uit!
Ek neem aan van jou voertuig dat jy ’n ver- moënde man is, moontlik ’n leier in die gemeenskap, en as sulks behoort jy ’n voorbeeld te stel.
Ag nee sies man – as jy wil mors gaan doen dit by jou huis in jou eie agterplaas. Ek weet nie wie jy is nie, maar hoop jou vriende herken jou voertuig en gee jou gas