Robertson kry organisasie

Ashwin Williams, Mr Cape Town Pride en ’n inwoner van Robertson, tesame met sy tweede prins, Lyle Hoffman, het ’n organisasie begin om klein organisasies in Robertson te help.


Ashwin Williams, Mr Cape Town Pride en ’n inwoner van Robertson, tesame met sy tweede prins, Lyle Hoffman, het ’n organisasie begin om klein organisasies in Robertson te help.

“Hierdie is een van die projekte wat ek as Mr Cape Town Pride moet behartig. Die Pride-raad het dit goedgedink dat daar in ’n kleiner dorp ook so ’n organisasie gestig word. Ons gaan gereeld geldinsamelingfunksies hou om kleiner organisasies te help,” verduidelik Williams.

Kings of Royalty beplan twee funksies vir later die jaar waarvan die VGK Robertson-Oos-brigade die begunstigde is.

“Ons eerste funksie gaan op 23 Julie gehou word. Ons gaan ’n Mnr. en Mev. Robertson hou. Enigiemand bo 18 is welkom om in te skryf vir hierdie kompetisie. Die volgende naweek 29 Julie hou ons dan ’n drag show waar drag artists ons gaste sal vermaak met verskeie optredes, en natuurlik is almal welkom om te kom kyk,” verduidelik Williams.

Hy belowe ook dat daar verskeie bekende persoonlikhede by beide saamtrekke sal wees. Verder verduidelik hy dat die organisasie ook hulp en ondersteuning aan jeugdige lede van die LGBTQIA+-gemeenskap wil verskaf.

“Omdat ons op ’n klein dorp woon, is daar nie so ’n organisasie wat kinders, wat deel van die LGBTQIA+- gemeenskap is, bedien nie. Dis soms moeilik vir jonger kinders en hulle kan soms van die paadjie afdwaal. So, ons wil ondersteuning aan hulle verleen en hulle ook betrokke kry by die organisasie en die saamtrekke wat ons beplan om hulle te wys daar is ’n plek vir hulle, en dat hulle behoort.”

Hulle wil ook jeugdiges motiveer om in hul veld van belangstelling te werk, “sodat hulle op hul eie voete kan staan en die beste weergawe van hulself kan wees. Ons wil ook ’n platform skep waar hulle hul talente kan uitleef en aan ander wys.”

Besoek die Facebook-blad MrandMiss Robertson vir nog inligting.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.