Wyle kapt. Fanie Majiedt met sy aanstelling as stasiebevelvoerder in 2016. Foto: Argief/Samuel Walters


Kapt. Fanie Majiedt, stasiebevelvoerder van Riebeek-Wes-polisie, is vroeg vanoggend (30 November) in die Mediclinic Paarl oorlede.

Jacorie Visagie, die hospitaal se bestuurder van pasiënt-ervaring, het dié nuus vroeër bevestig. Volgens Visagie het Majiedt positief vir Covid-19 getoets.

Hy was 56 jaar oud.

Kapt. FC van Wyk, provinsiale polisiewoordvoerder, het by navraag gesê Majiedt het 36 jaar diens in die polisie gehad en het sedert Oktober 2016 as stasiebevelvoerder van Riebeek-Wes-polisie gedien.

Volgens Van Wyk is daar reeds besoek afgelê by die polisiekantoor asook aan Majiedt se familie om die nodige ondersteuning te bied.

Hy laat sy vrou en twee kinders agter.

Geen begrafnisreëlings is nog bekend nie.

You need to be Logged In to leave a comment.