Mia Wentzel van die Bellville-atletiekklub (Laerskool Eversdal) is die byeenkoms se nuwe rekordhouer vir meisies o.8 in beide die 60 m (9.02 s) en 80 m (11.62 s).FOTO’S: Carina Roux


Atlete van verskeie laerskole het op Dinsdag 5 November aan die Laerskool Panorama se Du Plessis-prestige-atletiekbyeenkoms deelgeneem.

Die Laerskool Gene Louw het die beste gevaar by die byeenkoms, waar talle rekords verbeter is.

Reve Horak van die Laerskool Welgemoed is as die beste junior meisiesatleet aangewys. Sy het ’n rekord in die 60 m vir meisies o.7 opgestel met ’n tyd van 9.98 s.

Hanroux van Maaswinkel (Gene Louw) is die nuwe rekordhouer vir seuns o.7 in die 80 m met sy tyd van 12.23 s.

Mia Wentzel van die Bellville-atletiekklub het beide die 60 m- (9.02 s) en 80 m-rekords (11.62 s) vir meisies o.8 verbeter.

Evan Bothma (Bellville-klub) is as die beste junior seunsatleet aangewys. Hy het die o.9 100 m-rekord met ’n haastige tyd van 13.25 sek verbeter.

Die beste senior seunsatlete was Frederick Oosthuizen (Gene Louw, veldnommers) en Joel Cloete (Panorama, baan). Imke Roux (Gene Louw) was die beste senior meisiesatleet (veld en baan).

You need to be Logged In to leave a comment.