By ’n spoggeleentheid op Donderdag 21 April het Rangers Robertson RFC sy nuwe klerereeks vertoon en ook hul borge bedank vir volgehoue ondersteuning aan die klub. Die glansgeleentheid is bygewoon deur onder andere die president van die Boland Rugby-unie, Bennie van Rooy, wat die klub sterkte toegewens het vir die 2022-rugbyprogram. Die onderburgemeester van die Langeberg-munisipaliteit, Johnny Steenkamp, het ook die geleentheid bygewoon en ook die klub sterkte toegewens. Borge soos Pick n Pay, Four Cousins, The Spot Lounge, Shell, Herotel en Cozy Cove is veral lof toegeswaai vir hul ondersteuning aan die klub. Hier spog Mano Adams, Juan Beukman, Jolin Fortuin, Damian May, Marco Jones, Tommy Bezuidenhout en Joshua van As met die klerereeks by die geleentheid.


Rangers robertson rfc kry nuwe uitrustings

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article