Robertson Rangers-rugbyklub het die afgelope Saterdag (7 Mei) na Worcester gereis om Young Hamiltons voor hul tuisskare te pak. Rangers het van meet af aan sy voet op die versneller gehad en in die eerste helfte reeds oorheersend bewys waarom die rustydtelling 20-8 was. Ná rustyd het albei spanne na ’n hoër rat oorgeskakel en meer mededingende rugby gespeel, maar vir Hammies was dit ’n moeilike dag. Rangers het as die wenner huis toe gegaan met die eindtelling op 20-13 in sy guns. Op die foto stuur Dawie Conradie van Rangers die bal deur die pale.Foto: Phiwokuhle Mothemela


rangers jaag young hamiltons in worcester tot in die hoek

You need to be Logged In to leave a comment.