R350-toelae by Shoprite

Mense kan nou die Covid-verligtingstoelaag van R350 by enige winkel in die Shoprite-groep trek.


Mense kan nou die Covid-verligtingstoelaag van R350 by enige winkel in die Shoprite-groep trek.

Die groep sê die meer as 10 miljoen werklose Suid-Afrikaners wat voordeel trek uit die R350 toelaag, kan nou meer toeganklikheid by sy 1 286 supermarkte oor die hele Suid-Afrika heen geniet.

Die toekenning van die toelaag is onlangs vir nog 12 maande verleng.

Klante van Shoprite, Checkers, Usave en uitgesoekte OK Foods-supermarkte kan hul toelae by kassiere van dié winkels oor die land heen trek. Dit stel mense in staat om hul toelae te ontvang, noodsaaklike kruideniersware te koop en hul rekeninge op ’n enkele plek te betaal, sê die groep.

Om hul toelae hier te kry, moet mense hul ID-en selfoonnommer verskaf. Dit moet dieselfde selfoonnommer wees waarmee hulle op die Sassa-databasis geregistreer is, aangesien ’n eenmalige bevestigingsnommer (OTP) na hierdie nommer gestuur sal word om bedrog te voorkom.

Toelaes is van hierdie maand af beskikbaar vir mense wat reeds aanlyn of by die Poskantoor geregistreer het.

Registrasies kan nié in die winkels gedoen word nie.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.