Die drie verdagtes wat aangekla word van moord op Quintin van der Sandt, het gisteroggend vlugtig in die Caledon-hof verskyn.
Quintin se liggaam is 3 September langs die Riviersonderend-begraafplaas met 48 steekwonde gevind.
Volgens kapt. Gerritt Botes, woordvoerder van Caledon-polisie, is al drie verdagtes uit op borgtog van R2 000.
“Die drie verdagtes sal vandag in die Riviersonderend-hof verskyn, wanneer die verhoor sal begin.”
Quintin se ma, Belinda Gordon Erasmus sê: “Ek wil net hê die skuldiges moet uit die samelewing weggevat word en die straf kry wat hulle verdien. Hulle het ’n lieflike kind se lewe gevat.”
Sy mis Quintin elke liewe dag. “Daar is nie ’n minuut van die dag dat ek nie aan hom dink en wonder wat hy moes deurmaak nie.” Sy bid dat die Here geregtigheid sal laat geskied.
Vermeende moordenaars in hof
Die drie verdagtes wat aangekla word van moord op Quintin van der Sandt, het gisteroggend vlugtig in die Caledon-hof verskyn.
Share this post:
Share this post:
Related Articles
Leave a comment
You need to be Logged In to leave a comment.