Puik netbalspelers gesoek

Die Weskus-netbalfederasie bied Saterdag 29 Januarie ’n Talent Identification (Tid) by die Saldanha-multimediasentrum aan.


Die Weskus-netbalfederasie bied Saterdag 29 Januarie ’n Talent Identification (Tid) by die Saldanha-multimediasentrum aan.

Dit is oop vir alle netbalspelers wat vir Weskus-netbalfederasie wil speel. Diegene wat nie verlede jaar vir ’n klub gespeel het nie, moet die jaar by ’n klub aansluit om te kan deelneem.

Spelers word geïdentifiseer om deel te neem aan die halfeindproewe vir die Stings- en Tornado-spanne wat in die Telkom nasionale liga speel.

Netbalspelers moet ouer as 18 wees en mag nie meer op skool wees nie.

Die Tid is gratis en dit word van die voornemende deelnemers verwag om hul eie handdoekie saam te bring.

Die program is as volg:. 08:30 – 09:00: Registrasie. 09:00 – 12:00: Keurders kyk na netbalvaardighede.. 13:00: Proewe word gespeel waarna die finale groep spelers aangekondig word wat na die halfeindproewe toe gaan en sal meeding met die Kaapse Wynlande en die Overberg.

Die skakel, met meer inligting, is op die Weskus-netbalfederasie se Facebookblad beskikbaar.. Bel Nadene Scherman by 082 824 8103 vir nog inligting.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.