Die Dienssentrum vir ouer mense beplan ’n pretdag vir bejaardes op 27 Oktober by die Dieprivier sportgronde op Malmesbury.
Almal bo 60 jaar oud is welkom om deel te neem. Ander klubs vir bejaardes mag ook deelneem.
Verskeie speletjies, onder meer die Dress Walk, Duck walk en Ring-the-stick sal gespeel word. Daar sal ook speletjies wees vir diegene in ’n rolstoel. Die dag begin om 09:00 en eindig na verwagting om 12:00.
Daar sal nie ’n toegangsfooi vir deelnemers gevra word nie, en eetgoed en koeldrank sal te koop aangebied word. Toeskouers betaal slegs R5.
Belangstellendes moet voor of op 23 Oktober die dienssentrum gedurende kantoorure bel by 022 482 2245 om ’n inskrywingsvorm te bekom en aan te dui aan watter speletjies deelgeneem sal word.
Trek gerieflike klere en skoene aan en moenie ’n sonhoed vergeet nie.
Onthou, jy is net so oud soos jy voel!