Potte prut midde parsseisoen

Die potte het die afgelope Vrydag by Darling Cellars behoorlik vir liefdadigheid geprut. Die wynkelder het besluit om ’n geldinsamelingsgeleentheid vir Huis Moorrees, die kinderhuis in Moorreesburg, in die vorm van ’n potjiekoskompetisie, Pot O’Vine,


Die potte het die afgelope Vrydag by Darling Cellars behoorlik vir liefdadigheid geprut. Die wynkelder het besluit om ’n geldinsamelingsgeleentheid vir Huis Moorrees, die kinderhuis in Moorreesburg, in die vorm van ’n potjiekoskompetisie, Pot O’Vine, te hou. Verskaffers van Darling Cellars is vir dié doel genader en het nie vir ’n oomblik gehuiwer om deel te wees nie. Die deelnemers het hulle beste voet na vore gebring en unieke disse vir die beoordelaars voorgesit – van ’n lam-en-groentepotjie met roombrood, ’n Kaapse Maleier-kerriepot, ’n seekospot tot ’n pot met ’n kinkel wat die smaakkliere sal laat prikkel. Vir die beoordelaar Hennie Stassen, self ’n bekroonde potjiekosmaker, is netheid en kombinasie belangrik. “ ’n Pot wat gebrand het, word summier uitgeskakel.”

Magda en Hennie Smit was ook beoordelaars. Marius Botha, die organiseerder, sê die kelder het weens Covid-19 lanklaas ’n pretdag gehad en besluit om die jaar so te begin, al was parstyd nog aan die gang. Die plan is om daarop voort te bou.

Ilse van Zyl van Darling Cellars sê hul nuutgeboude onthaalsaal is ook gedurende die geleentheid bekendgestel.

Die span van FPM Suppliers was die wenners van die dag.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.