Die Langeberg- 8 Ball Pool-liga het die seisoen goed met sy prysuitdeling vir 2021 afgesluit.
Halfeindstryd:
Super Stars-potspelklub het All Stars Droëheuwel behoorlik die knie laat buig. Super Stars het die pap in sy halfeindstryd behoorlik dik aangemaak en die wedstryd 13-9 gewen.
William Miller van Super Stars het ’n pragtige 3/3 vir sy span behaal.
Die druk van Super Stars met sy twee vrouespelers, Charnique Otto en Octavia Otto, het die All Stars-spelers behoorlik in die halfeindronde laat bewe.
In die ander halfeindstryd tussen Hillside as die verdedigende kampioene en Young Stars, het Hillside die jong Young Stars-span behoorlik laat les opsê. Hillside het sy halfeindwedstryd teen Young Stars 13-4 gewen, waarvan Hillside na die eindronde is.
Shane Abrahams van Hillside het ’n volle 3/3 punte vir sy span gekry.
Eindstryd:
Hillside-potspelklub en Super Stars pak het mekaar in ’n spannende eindstryd aangedurf. Dié twee spanne was van begin tot die einde kop aan kop. Die eindronde om te bepaal wie gaan wen en die 13 punte tussen die SA-speler Gerovan Otto (Super Stars) en die Noord-Boland-speler Shane Abrahams (Hillside) gaan aanteken, het die toeskouers al klaar onder mekaar laat brom. Die 12/12-wedstryd is deur Gerovan gewen, wat die 13de punt aangeteken het met sy uitgeslaapte spel waarmee hy Shane Abrahams doodstil gespeel het. Gerovan Otto, kaptein van Super Stars het die laaste eindstryd vir sy span gewen, waarvoor hy as die 2021-potspelkampioen gekroon is. Gerovan het ook in die eindstryd volpunte – 5/5 – aangeteken.
Gerald Otto, die organiseerder, het seker gemaak al die spelers in die Langeberg- 8 ball Pool-liga het prysgeld, diplomas, trofees en medaljes ontvang. Otto het ook al die spelers sterkte vir 2022 toegewens.
Die openingsvergadering van die Langeberg 8 Ball Pool-liga word Sondag 13 Februarie om 15:00 gehou.
By die onlangse prysuitdeling is die wenners soos volg aangedui (foto’s):