Polisiekantoor gesluit na lid positief toets

Volgens ‘n kennisgewing deur die Hermanus-polisiëringsforum is die Genadendal-polisiekantoor tydelik gesluit en word deur die plaaslike brandweer ontsmet nadat ‘n lid van dié polisiekantoor positief vir die koronavirus getoets is.


Volgens ‘n kennisgewing deur die Hermanus-polisiëringsforum
is die Genadendal-polisiekantoor tydelik gesluit en word deur die plaaslike
brandweer ontsmet nadat ‘n lid van dié polisiekantoor positief vir die
koronavirus getoets is. Volgens dié kennisgewing sal die
Genadendal-polisiekantoor na verwagting môreaand (Vrydag 22 Mei) weer heropen.

 Die polisiebeampte is nou in selfafsondering asook amptenare
wat met die pasiënt in aanraking gekom het. Die departement van gesondheid
onderneem dringende kontakopsporing om enige lede van die publiek, wat moontlik
met die amptenaar in aanraking gekom het, op te spoor. 

Die Greyton-polisiekantoor dien tans as die basis vir die
omgewing terwyl die Genadendal-kantoor tydelik gesluit is. Lede van die publiek
word gevra om die volgende nommers te skakel:

– Tussen Donderdag 21 Mei en die oggend van Vrydag 22 Mei:
073 160 0737

– Tussen Vrydagoggend (22 Mei) en Vrydagaand (22 Mei): 084
817 4053

– Daarna is die normale kontaknommers vir die
Genadendal-polisie weer in werking.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.