Poligraaftoetse help verliese voorkom

Ondernemings wat gebuk gaan onder voorraad- of geldverliese weens diefstal, geldverduistering of oneerlikheid, hoef nie nou meer tot in die Kaap te soek vir ’n poligrafis nie, aangesien dié diens nou in die Breedevallei beskikbaar is.


Ondernemings wat gebuk gaan onder voorraad- of geldverliese weens diefstal, geldverduistering of oneerlikheid, hoef nie nou meer tot in die Kaap te soek vir ’n poligrafis nie, aangesien dié diens nou in die Breedevallei beskikbaar is.

Dit kan die koste vir ’n ondersoek aansienlik verlaag.

Mike Kruger, eienaar van Mike Kruger Polygraph in Worcester, het bykans 18 jaar ondervinding in die polisie, waarvan tien jaar in gespesialiseerde ondersoekeenhede – onder meer die eenheid teen georganiseerde misdaad en korrupsie – was.

Hy is Psira-geregistreer as ’n private ondersoeker en het ook al ’n draai in die private en korporatiewe sektor as sekuriteitshoof en fasiliteitsbestuurder gemaak.

Hy lewer poligraaftoetse, gepaardgaande met onderhoude en ondervraging in gevalle waar poligraaftoetse oneerlikheid aandui.

Die soort toetse wat gedoen kan word:

. Toetse voordat iemand in diens geneem word: Hierdeur kan ’n onderneming toekomstige risiko’s beperk deur voornemende werknemers met spesifiek-gerigte vrae te “sif”. Die kliënt kan betrokke wees met samestelling van die vrae.

. Roetine- of periodieke toetse: Hierdie toetse vind gereeld plaas – drie, ses of 12 maande – vir werknemers wat reeds in diens is, en word gedoen om moontlike oneerlikheid of diefstal te bekamp.

. Diagnostiese of spesifieke toetse: Waar iets soos onder meer diefstal gepleeg is, word hierdie toets gebruik om partye se betrokkenheid daarby of kennis daarvan te bepaal.

. Ondersoeke: Ondersoeke vind plaas op versoek van en ná beraadslaging met kliënte. Dit behels ’n volledige uiteensetting van ’n voorval en hoe en waar mense betrokke was.

“My leuse is ‘Believe nothing; confirm everything’, ” sê Kruger. “Ek wil sake-eienaars in die Breedevallei, en selfs verder in die streek, ondersteun en help deur te keer dat hulle verliese ly. Ek is in die Vallei vir die Vallei.”

.
Skakel Mike Kruger by 076 277 0013 vir nog inligting of om ’n afspraak te reël.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.