Plattelandse vroue vereer

CHATSWORTH – Vroue wat ’n verskil maak in dié dorpie asook in die Kalbaskraal-gemeenskap, is onlangs vir die eerste keer vir hul onbaatsugtige werk deur Women in Environment (WIE) vereer. Women in Environment is ’n nie-winsgewende organisasie wat hul beywer om vroue te bemagtig om selfonderhoudend te wees en sodoende armoede uit te roei. Rabia…


In die boonste ry van links is Jasmaine Fortune, Elizabeth Daniel, René Jacobs, Fredricka Adams en Johanna van Aarde. In die onderste ry is Annette van Zyl, Gail Ridgway, Rabia Melanie Wepener en Kariema Alexander.

CHATSWORTH – Vroue wat ’n verskil maak in dié dorpie asook in die Kalbaskraal-gemeenskap, is onlangs vir die eerste keer vir hul onbaatsugtige werk deur Women in Environment (WIE) vereer.

Women in Environment is ’n nie-winsgewende organisasie wat hul beywer om vroue te bemagtig om selfonderhoudend te wees en sodoende armoede uit te roei.

Rabia Wepener, die voorsitter van WIE in die Wes-Kaap, het gesê die vroue wat goeie karakter toon en toegewyd werk om die gemeenskap positief te beïnvloed, het in aanmerking vir hierdie eer gekom.

Gail en Paul Ridgway is vereer omdat hulle hul harte en huis oopmaak vir kinders. Hulle help ook die kinders met huiswerk en take deur hul privaat internet aan hulle beskikbaar te stel.

Rene en Adam Jacobs bestuur ’n sopkombuis waar talle honger mense weekliks gevoed word.

Elizabeth Daniels is die maatskaplike werker op Kalbaskraal waar sy moeiteloos arbei om te help om mense se omstandighede te verbeter.

Jasmaine Fortune bestuur ’n dierereddingsentrum op Chatsworth en Riverlands. Sy het haar huis oopgestel sodat die siek en mishandelde diere in die gemeenskap versorg sal word. Sy is ook in die gemeenskap bekend as die “Moeder van Diere.”

Annette van Zyl help om geleenthede te skep vir plattelandse jongmense in landbou.

Fredrike Adams is lid van die raad van aandeelhouers op die platteland.

Kariema Alexander herwin wat ander mense weggooi en leer ook ander mense om geld uit weggooigoed te maak.

Johanna van Aarde bemagtig ander vroue deur hulle te leer hoe om selfonderhoudend te wees deur kuns en handwerk te skep en te bemark

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.