’n Rugby-sportdag word vir 16 Junie, wat ook Jeugdag is, beplan waaraan verskeie plaasgebiede sal deelneem.
Dit is die eerste keer wat so ’n dag deur plaaswerkers gereël word.
Die doel van die dag is om plaaswerkers meer by sport soos rugby betrokke te kry en die plaasgemeenskappe nader aan mekaar te bring. Jeugdiges sal ook op die dag deurlopend gemotiveer word om meer aktief by die sportaktiwiteite betrokke te wees en so hul fisieke talente te ontwikkel.
Volgens die rugbyfees se komitee gaan dit ’n dag vir die hele familie wees. Stalletjies sal beskikbaar wees en musiek sal vermaak en ’n lekker gesellige atmosfeer verseker.
Drie wedstryde gaan gespeel word:
1. Riverton vs Saratoga en
2. Sunbirds vs Excelsiors, met die hoofwedstryd vir die dag:
3. De Wetshof vs Van Loveren.
Die dag vind plaas op die Evergreens-sportterrein (Bonbossies) in Ashton.
Die hekke open om 10:00.
Alle plase en dorpsgebiede word uitgenooi om die dag saam met hul families te kom bywoon en die sport te kom geniet.
Vir meer inligting oor die dag, kontak gerus Winston Karelse by 071 203 0840 of Nigel Delport by 078 748 3199.

