’n Dag vir maatskaplike werkers is verlede week landwyd gevier. Evangileen Lakay, ’n student in maatskaplike werk wat tans haar praktiese werk in die Malmesbury-hospitaal doen, het kragte met Chandré Farmer, die hospitaal se maatskaplike werker, saamgesnoer om eerstens verpleegsters met soetgoed te bederf en daarna toiletware aan behoeftige leerders by Liebenberg Primêr uit te deel. Evangileen (links) en Chandré (naasregs) wys saam met van die ontvangers van die lekkernye wat aan verpleegsters uitgedeel is. Foto: