Die o.12- en o.13-rugbyspanne van Marvin Park Primêre Skool in Macassar het voorverlede Vrydag (11 Maart) by Paul Roos Gimnasium (PRG) se junior rugbyakademie aangesluit vir ’n oefensessie saam met Corné Uys, hoof van rugby, en ander PRG-afrigters. Die sessie is by PRG se Markötter-sportkompleks gehou. “Dit was vir Paul Roos Gimnasium ’n voorreg om die talentvolle jong spelers te help om hul vaardighede te ontwikkel,” het ’n PRG-woordvoerder gesê. Die Marvin Park-rugbyspanne het by verlede jaar se George 10’s tot 21:30 in die reën gewag en moes die geleentheid prysgee om Early B op die verhoog te ervaar om PRG te sien speel. “Dankie aan Marvin Park vir jul wonderlike ondersteuning en passie vir rugby.” Courtneigh Hearne, die plaaslike skool se rugbyafrigter en koördineerder, het gesê die jongelinge het hulle só geniet en sien reeds uit na die vier sessies wat volgende kwartaal inhou. Foto:


Passie is dryfkrag

You need to be Logged In to leave a comment.