Pas hierdie maatreëls toe om jou huis veiliger te maak

Veiligheid rondom jou huis speel ’n belangrike rol om ongewenste mense uit te hou.


Veiligheid rondom jou huis speel ’n belangrike rol om ongewenste mense uit te hou.

Malmesbury Veiligheid het die volgende kitswenke op sy Facebook-blad gedeel:

Beligting
. Moenie altyd dieselfde ligte op dieselfde tye aan- en afskakel nie. . Probeer die indruk skep dat almal tuis is. . Hou die gordyne en/of blinders saans dig toe om te keer dat iemand jou bewegings dophou. . Kolligte op die hoeke van die gebou is ’n uitstekende veiligheidsmaatreël. Beheer dit met ’n tydskakelaar wat af en toe self afskakel sodat die ligte nie outomaties aangaan nie. . Ligte wat bedags aan is, dui gewoonlik daarop dat niemand tuis is nie. . Meld stukkende straatligte by die stadsraad aan.

Mure en heinings
. Oop erwe is ’n openlike uitnodiging vir ongewenste besoekers om die perseel te betree. Mure of heinings om jou erf bied darem ’n soort versperring, maar verhinder ook ’n blitsige ontsnapping. Dit moet egter nie so hoog wees dat dit die gebou geheel en al versteek nie.

Diefwering en veiligheidshekke
. Dit behoort van soliede staal of gietyster te wees en moet stewig teen die venster- of deurrame vasgemaak word. Die stawe behoort naby genoeg aan mekaar te wees om te keer dat ’n kind daardeur kan kruip om toegang te verkry.

Besoek gerus die Facebookblad “Malmesbury Veiligheid” vir nog wenke.V Malmesbury-Veiligheid (MV) is ’n weerbaarheidsorganisasie wat daarop ingestel is om die dorp en omgewing teen misdaad te beskerm, maar ook daarop gemik is dat die hele gemeenskap paraat sal wees wanneer rampe soos ’n aardbewing of tornado tref. . Vir nog inligting, besoek www.malmesburyveiligheid.org.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.