Dit is miskien nog nie winter nie, maar in Suid-Afrikaanse huishoudings is pampoenkoekies mos altyd welkom, ongeag die temperatuur buite.
Dié koekies kan ook met patats, piesangs, aartappels of pynappel gemaak word. Die resep lewer 24 koekies.
Bestanddele
500 ml gaar pampoen, fyngemaak
60 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
knippie sout
1 jumbo-grootte eier
groente-olie om in te braai
kaneelsuiker
Metode
Maak ’n beslag deur al die bestanddele te meng.
Verhit olie in ’n pan en drup sowat 15 ml beslag op ’n keer in die pan. Braai tot goudbruin aan alle kante.
Skep met gaatjieslepel uit en laat dreineer op handdoekpapier. Strooi kaneelsuiker ruimskoots oor en sit warm voor.