Padvalke hou jou dop

Paasnaweek is normaalweg ‘n besige tyd op die provinsie se paaie met talle motoriste wat jaarliks na hul verskeie bestemmings reis om die langnaweek saam vriende en familie deur te bring. Vanjaar is dit egter nie moontlik nie weens die nasionale staat van inperking wat van 26 Maart tot 16 April ingestel is.


Paasnaweek is normaalweg ‘n besige tyd op die provinsie se
paaie met talle motoriste wat jaarliks na hul verskeie bestemmings reis om die
langnaweek saam vriende en familie deur te bring.

Vanjaar is dit egter nie
moontlik nie weens die nasionale staat van inperking wat van 26 Maart tot 16
April ingestel is.

Enigiemand wat nie noodsaaklike dienste verrig en ‘n wettige permit het nie, word dus verhoed om op die pad of buite hul huise te wees met die uitsondering om kos te gaan koop of mediese hulp te kry.

Die Wes-Kaapse verkeershoof, Kenny Africa, het motoriste
gewaarsku dat indien hulle van die pad af getrek word en nie in die besit van
‘n permit is nie, sal hulle summier in hegtenis geneem word.

Hy het gesê daar is steeds heeltemal te veel mense wat nie
gehoor gee aan die regulasies van die inperking nie, met 730 mense wat net in
die afgelope 24 uur op die provinsie se paaie in hegtenis geneem is omdat hulle die
reëls verontagsaam het.

Africa het by motoriste gepleit om gehoor te gee aan die
regulasies en om nie uit hulle huise te gaan tensy dit noodsaaklik is nie. Hy
het ook diegene wat daaraan dink om die provinsie te verlaat vir die langnaweek
gewaarsku dat alle paaie gemonitor sal word en dat daar streng teen oortreders
opgetree sal word.

“Op al ons grense het ons padblokkades en sou u in ‘n
padblokkade gestop word en u het nie die nodige permit om op die pad te wees
nie, sal u summier in hegtenis geneem word. Van die verkeersdepartement se kant
af wil ons almal ‘n baie suksesvolle en vreugdevolle Paasnaweek toebid.”

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.