Paasnaweek is kerrievistyd

Dis weer daai tyd van die jaar wat die huis met aromas van vis, uie en kerrie van die lekkerste kerrievis gevul word.


Dis weer daai tyd van die jaar wat die huis met aromas van vis, uie en kerrie van die lekkerste kerrievis gevul word.

Hier is Marinda Engelbrecht van Marinda Kook se resep vir hierdie delikatesse:

Bestanddele

• 2 kg stokvis, skoongemaak en in fillette gesny

• visspeserye

• olie om die vis in te braai

• 1 bottel bruinasyn

• 250 ml water

• 200 ml suiker

• 30 ml borrie

• 80 ml kerriepoeier

• 7,5 ml sout

• 20 ml peperkorrels

• 60 ml pekelspesery

• 6 uie in ringe gesny

• 6 lourierblare

• 40 ml Maizena

Metode

Sny die vis in mote. Maak droog met kombuispapier. Gooi visspeserye oor en braai in olie tot net gaar – moenie pap wees nie.

Dreineer op kombuispapier.

Sit die res van die bestanddele behalwe die vis en die Maizena in die pot. Sit die deksel op en kook vir 10 minute.

Neem ’n bietjie van die warm sous en meng dit met die Maizena in ’n koppie.

Gooi die mengsel terug by die sous en laat dit kook totdat die sous begin dik word.

Gebruik ’n plastiek of glasbak en gooi ’n bietjie van die sous in. Pak nou lagies vis en sous. Maak toe en bêre in die yskas – hoe langer, hoe beter.

Maklik!

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.