Die NG Kerk Swartland-moedergemeente begin eersdaags met die aanbouing van ’n splinternuwe saal op dié kerk se perseel. Dit sal die eerste aanbouings op die terrein wees sedert die destydse moederskamer gebou is. Twee grafte is egter geleë op die plek waar die saal gebou gaan word. Anja Huisamen, ’n student-argeoloog onder leiding van die argeoloog Jonathan Kaplan, wat as die amptelike verteenwoordiger van Erfenis Wes-Kaap optree, is gevra om na die oorledenes se oorskot te soek. Sy het op 5 Mei dié graf, wat deur pa en dogter gedeel word, begin oopgrawe. Sodra enige beendere gevind word, sal die nodige prosedures gevolg word voordat die graf geskuif word. Foto: Charlotte Lesch