Soek deur Suid-Afrika van hoek tot kant;
daar is geen mooier plek as die Over-
bergse land!
Winterlandskappe spreek tot die hart
van elke mens,
en bring die volgende pragstukke tot
die lens:
Groen lappieskomberse is gehekel aan
geel lande,
danksy koring, gars en kanola wat wuif
op die rande.
Skape en lammers dra jassies van
vuilwit wolle, en melkbeeste spog met
spekswart wit kolle!
Eilande bloekombome skut stewige
plaashuise,
terwyl windpompe suipings bied aan
vee en volstruise.
Op die horison glim die blou bergtoppe
sneeuwit, en bied ’n panorama wat jou
diepste wese laat bid.
Hoe bevoorreg is ons nie om hier te leef,
en die wonder van elke Overbergse dag
te beleef!