Ben Truter, kliniese direkteur van Neurodiversity Centre in Worcester, gaan op 19 Mei praktiese wenke aan ouers gee oor hoe om kinders op die outismespektrum te ondersteun.

Ouers, onderwysers, terapeute en ander belangstellendes is welkom om op die kampus van Langerugskool by dié kenner op die gebied van outisme en neurodiversiteit te kom leer.

Neurodiversity Centre doen multidissiplinêre assessering van en bied ondersteuning en intervensie aan kinders, tieners en volwassenes wat neuro-ontwikkelingsbehoeftes en -hindernisse het. V Registrasie vind plaas van 17:30 by Langerugskool. Koste beloop R50 per persoon en die praatjie duur van 18:00 tot 19:00.

You need to be Logged In to leave a comment.