Die bestuur en Danny September, die voorsitter van die Langeberg Children Group, ’n nie-regeringsorganisasie sonder winsbejag, het sy borge van 2021 bedank wat dit moontlik gemaak het om talle kinders gedurende die jaar te voed. “Ons hoop en vertrou dat hulle ons weer sal ondersteun om ons projek in 2022 voort te sit. Ons kon op 24 Desember 2021 in Droëheuwel altesaam 120 kinders van ’n ete voorsien en elkeen ’n Kersgeskenk gee. Ons opregte dank aan Cosy Cove, Nedbank, Debonairs, Myci Conradie, Kaylin Siljeur, Zeanith Smith, Eleanor Plaatjies, Tossie, Christine Jacobs en Theodore van Der Merwe,” het September gesê. Bo staan die kinders in ’n ry om elkeen iets te eet te kry.