Die onderburgemeester van die Swartland-munisipaliteit is onlangs gedurende hul eerste vol raadsvergadering van die jaar tot raadsdame vereer. Raadsdame Anet de Beer het die eer ontvang in erkenning tot haar jare lange diens aan die munisipale raad en die plaaslike gemeenskap. By haar staan die mederaadshere Michael Rangasamy, speaker van die Swartland-munisipaliteit se raad, en Harold Cleophas, die uitvoerende burgemeester van die Swartland. Foto: Verskaf