Hansie Windvogel met Ryan, Morne, Magdalena, Koeks en Zelda November.

Hoe wonderlik is dit as iemand besluit om ’n verskil te maak en nie net agteroor te sit en wag vir iemand anders om iets te doen nie.

Panagiotis Katsikaris van Yoti Vervoer het uit sy eie vir Anglo SA Sawmilling in Botrivier genader en hulle het ingestem om al hul klein stukkies hout aan Caledon Dieresorg te skenk.

Panagiotis vervoer dan die hout – op sy eie onkoste – Caledon toe en hy en sy span bou daarmee hondehokke vir die talle honde in en om ons dorp wat geen skuiling het nie.

Bruno, wat tot onlangs toe nog buite moes slaap in die ysige koue, het ’n hok ontvang en hy en klein Rasta slaap nou heerlik saam in die nuwe hok.

As almal hulle deel doen, dink net hoeveel mooier ons wêreld sal wees.

Pangiotis, ons haal ons hoed af vir jou en namens al die hondekinders sê ons baie dankie.

– Vanya Schöfmann

You need to be Logged In to leave a comment.