Oergrot tot later bewaar

vervolg van bl. 1).


vervolg van bl. 1)

Finansiering vir die projek is met groot dankbaarheid aangegryp nadat prof. Klein aangebied het om die verstewiging en bewaring van YFT1 te finansier.

Dié geld is uiteindelik vroeër vanjaar ontvang ná voortdurende kommunikasie gedurende die afgelope twee jaar waartydens die Covid-pandemie die projek vertraag het.

Die nodige korporatiewe bestuursvereistes van die Stanford-universiteit is nagekom en Swartland-toerisme is as pyplyn gebruik en vir die finansiering in die Standford-universiteit se finansiële stelsel geregistreer.

’n Permit is deur Halkett by Erfenis Wes-Kaap verkry, asook die nodige toestemming van die Swartland-munisipaliteit wat toegelaat het dat dié projek uiteindelik die nodige aandag kry.

Morne Louw, ’n plaaslike bouer wat bekend is vir sy veilige konstruksieterreine, is genader om die herstelwerk, wat tans aan die gang is, te doen.

Die voltooiing van die herstel- en bewaringsprojek sal sowat twee maande duur.

Halkett van ACO Associates in Barrydale is die raadgewende argeoloog wat elke fase goedkeur.

Volgens Joone word basies ’n stutmuur met stukke van die diorietklip op die rand van die klipkrans gebou. Dit sal daarna opgevul word om ’n platform te skep, waarna ’n betonbasis gegooi sal word waarop Lofelstein-tipe stene, met sand gevul, gepak sal word om by die profiel van die terrein aan te pas.

Plante van die omgewing gaan ook geplant word wat dit mettertyd sal toegroei en die stene sal verbloem.

“Die voorkoms sal dan verseël en gepreserveer wees vir die langer termyn totdat uitgrawings eendag weer plaasvind. Die stene vorm dus ’n ‘deur’ na die eertydse oorhang-grot,” verduidelik Joone opgewonde.

“Die grot het steeds baie materiaal wat ontgin kan word.”

Moontlike toekomstige verwikkelinge sluit in registrasie as erfenisterrein, wat moontlik sal uitloop op ’n provinsiale erfenisterrein.

Joone het die afgelope Woensdag met Michael Diaber van die Khwa ttu-kultuursentrum; Chris Low, ’n argeoloog van Engeland wat Khwa ttu se museum-direkteur is; en dr. Mariagrazia Galimberti, verbonde aan die Wes-Kaapse departement van kultuursake en sport, vergader. Galimberti is ook verbonde aan die Cradle of Human Culture-projek, wat ’n reeks argeologiese terreine reg oor die Wes-Kaap insluit, soos die Diepkloof-rotsskuiling, die Blombosgrot en Pinnacle Point. Die moontlikheid dat die YFT1-voorkoms by die projek ingesluit kan word, word oorweeg.

Belangstellendes kan ook uitsien na ’n moontlike uitstalling van YFT1-artefakte, op ’n leenbasis van die Iziko-museum by die Khwa ttu-kultuursentrum, omdat Yzerfontein nie oor ’n geskikte en veilige fasiliteit beskik nie.

Die belangrikheid van dié verskyning, soos ander soortgelyke skuilings teen kuslyne waar ’n ryk versameling van byvoorbeeld skulpvisoorblyfsels spruit, gee dus ’n nadere blik aan aspekte van menslike gedrag en kulturele evolusie gedurende die destydse tydperk.

Tekens van modern menslike gedrag gedurende die Middel-steentydperk, wat vroeë aanduidings van hul aanpasbaarheid aan die kusgebiede insluit, kom uit skuilings soos YFT1, hoewel die ouderdom van baie nie in elke geval korrek vasgestel kon word nie.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.