LANGGEWENS – “Ons het die beste boere, maar nie die beste kultivars nie,” só het Andries Theron, die ondervoorsitter van Graan SA gesê.
Die Swartland Kleingraan Ontwikkelingsdag (SKOG) is verlede Woensdag op die Langgewens- proefplaas buite Moorreesburg gehou waar Theron oor eindpunttantieme vir ’n volhoubare kultivar-ontwikkelingsprogram gepraat het.
Theron het gesê nuwe graan- en kanolakultivars moet ontwikkel word wat met die bestes in die wêreld kan kompeteer.
Hy het gepraat oor die belangrikheid van ’n navorsingsheffing wat wetlik afdwingbaar sal word sodat nuwe kultivars ontwikkel kan word. “Ek voorspel dramatiese veranderinge om volhoubaarheid te verseker,” het hy gesê.
Produsente en belangstellendes kon na afloop van die toespraak ’n proefbesigtigingstoer op die plaas meemaak waar eerstehands gesien kon word hoe eksperimente met grond en gewasse verloop