Noue ontkoming vir vrou en dogter

’n Vrou van Botrivier en haar dogter het ’n noue ontkoming gehad toe hulle aangeval was deur ’n groep mans wat in ’n grot in die Groenlandberg geskuil het.


’n Vrou van Botrivier en haar dogter het ’n noue ontkoming
gehad toe hulle aangeval was deur ’n groep mans wat in ’n grot in die
Groenlandberg geskuil het.

Die vrou wil nou almal in Botrivier wat dit geniet om soggens in die
omgewing van die berg te stap, waarsku om op hul hoede te wees.

Sy vertel dat sy en haar dogter vroeg vanoggend langs die
kontoerpad in die rigting van die waterval gestap het toe sy ’n groep van
ongeveer ses mans in ’n grot gewaar het. Tot haar skok het sy gesien hoe die
groep ’n groot rots teen die berg af in haar en haar dogter se rigting rol.

 “Die rots het byna my
dogter getref en ek het besef ons sal moet omdraai en teruggaan want ons het
albei baie onveilig gevoel.”

Die vrou vertel sy het heeltyd die groep dopgehou wat toe in
hulle rigting teen die berg af begin hardloop het.

Die twee vroue het teruggehardloop na Luddite, ’n wynplaas
op die Vanderstelpas in Botrivier. “Ek was bang hierdie mense wil ons aanrand.”

Sy wil graag ander stappers waarsku om ekstra waaksaam te
wees as hulle in die berg gaan stap en sê: “Dit is nie meer veilig nie.”

Sebastian Beaumont, wynmaker van die Beaumont landgoed, het
op die dorp se Whatsapp groep gesê hy sal saam met hul sekuriteitsmaatskappy
gaan ondersoek instel en dan terugvoer gee aan al die lede van die groep.

Die vrou het nie die polisie van haar noue ontkoming in
kennis gestel nie.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.