MALMESBURY – Chloe Lottering, ’n gr. 5 -leerder by Swartland Laerskool, is die Swartland Gazette en Supersport se Let’s Play-wenner vir Junie.
Chloe was verlede jaar die algehele Let’s Play-wenner vir die Swartlandstreek en het tydens die eerste helfte van 2016 wéér uitmuntend presteer.
“Prestasies ten spyte van oormoeg knieë,” vertel Josephine, haar ma. Chloe is volgens inligting deur onderskeidelik twee fisioterapeute en haar huisdokter aangeraai om vanjaar ’n blaaskans te vat van haar spartaanse oefenprogram of dan ten minste af te skaal.
Chloe het besluit om af te skaal, maar aanhou presteer. Tot dusver is sy onoorwonne in die 1 200 m. Sy is by die Boland atletiekkampioenskap as die Boland 1 200 m-kampioen gekroon en by die Wes-Boland-byeenkoms het sy die vyfde plek behaal.
Chloe blink ook uit in tweekamp en het by die interprovinsiale tweekamp-byeenkoms in Oudtshoorn met die silwermedalje huis toe gegaan.
Tydens die Boland tweekamp-kompetisie is sy as die Boland Tweekampkampioen gekroon en het Paasnaweek in Bloemfontein aan die SA Tweekampkampioenskap deelgeneem. Chloe behaal die sesde plek uit 66 atlete.
Niks keer vir Chloe nie
MALMESBURY – Chloe Lottering, ’n gr. 5?-leerder by Swartland Laerskool, is die Swartland Gazette en Supersport se Let’s Play-wenner vir Junie.
Share this post:

Share this post:
Related Articles
Leave a comment
You need to be Logged In to leave a comment.