Nexus FC het die Gemeenskapsbeker-toernooi die afgelope naweek gewen. Nexus het sy eerste wedstryd gelykop gespeel 1-1 (doel deur Elrico Signeur), maar toe 1-3 in die doeluitskop verloor. Nexus FC het ’n tweede kans gekry en sy tweede wedstryd 6-3 gewen (doele deur Carl Moiries (2), Alviano Fielies, Herchel Baadjies, Inzamam Matthys en Elrico Signeur). Hierna het Nexus FC in die eindronde teen Camp United gespeel en die wedstryd 2-1 gewen. RewaldMoosvan Nexus FC is as die speler van die toernooi aangewys. Nexus FC is ook as die gemeenskapsbekerkampioen van Robertson gekroon.


nexus swaai die septer

You need to be Logged In to leave a comment.