Musiekfees hierdie naweek beloof iets vir elke smaak

Die langverwagte ClemenGold en Zandvliet-musiekfees is hier. Oud en jonk kan uitsien na ’n volgepakte naweek van pret by dié fees wat op 5 Junie afskop en beloof om iets vir een en elk te bied. ’n Groot verskeidenheid kunstenaars sal gedurende die feesnaweek sorg vir hope vermaak vir die hele gesin. Die feestelikheid word…


Khan Morbee, hoofsanger van die Parlotones, sal die ClemenGold en Zandvliet-musiekfees op ’n hoë noot afskop by die openingskonsert dié Vrydag.

Die langverwagte ClemenGold en Zandvliet-musiekfees is hier.

Oud en jonk kan uitsien na ’n volgepakte naweek van pret by dié fees wat op 5 Junie afskop en beloof om iets vir een en elk te bied.

’n Groot verskeidenheid kunstenaars sal gedurende die feesnaweek sorg vir hope vermaak vir die hele gesin. Die feestelikheid word afgeskop met ’n openingskonsert om 18:00 op 5 Junie. Khan Morbee (hoofsanger van die Parlotones) en die sanger en liedjieskrywer Luna Paige sal by dié vertoning die verhoog deel.

Saterdag se plesierigheid word met ’n jogasessie om 08:30 afgeskop. Die Spektrum Kinderteater sal op sy beurt die kleingoed met feëverhale besig hou. Rooikappie is Saterdagoggend eerste aan die beurt gevolg deur ’n kuiersessie met die gewilde kykNET-karakters Tjiff en Tjaff.

Saterdag se musiekprogram, met die skreeusnaakse Peter Mitchell (beter bekend as Pietman, die Skot) as seremoniemeester, begin om 13:00. Die program sluit van Suid-Afrika se beste talent, waaronder Simon Orange, Luna Paige, Nick Turner, Albert Frost, Gerald Clark en Chris Chameleon in.

Die Sondagprogram begin weer met ’n jogasessie terwyl die jongspan om 09:00 kan naderskuif vir Jan en die Boontjierank. Die feestelikheid sal op ’n hoë noot afgesluit word met die produksie P

eels of Laughter and Barrels of Fun. Die unieke samekoms van talent word aangebied deur die welbekende Lizz Meiring (Bizzie Lizzie) en sluit Heine du Toit (ClemenGold se voedseltegnoloog) en Jacques Cilliers (wynmaker van Zandvliet) in. Hulle stel die gehoor bekend aan spesiaal uitgesoekte ClemenGold-produkte en paar dit met premium Zandvliet-wyne. Chris Chameleon en Luna Paige sorg vir musikale vermaak en plesier.

Kaartjiepryse wissel. Vir pryse en meer inligting, besoek www.clemengold.com/wacky

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.