Museumdag word elke jaar wêreldwyd op 18 Mei gevier met die doel om mense bewus te maak van die waardevolle artikels wat in museums te sien is en ook om mense bewus te maak van die belangrike rol wat museums speel.
Museums bevat versamelings van kulturele sowel as natuurlike erfenis wat terugdateer van die steentydperk tot nou. Hierdie versamelings en hul verwante inligting is primêre bronne van inligting en bied besoekers ’n blik op die verlede van spesifieke groepe, omgewings of gemeenskappe.
Die fisieke artifak / ekofak / voorwerp en eksemplare bied leerders en besoekers die geleentheid om met werklike artifakte in aanraking te kom.