Museum nooi jóú

Die Robertson-museum hou aanstaande Donderdag (21 April) sy jaarvergadering by die anneks van die museum om 19:00.


Die Robertson-museum hou aanstaande Donderdag (21 April) sy jaarvergadering by die anneks van die museum om 19:00.

Die museumpersoneel nooi alle inwoners uit om dit by te woon en hulle te ondersteun.

“Sonder u hulp kan ons nie ons voorgeslagte se geskiedenis op ’n veilige plek bewaar vir ons nageslag nie,” sê Dianne Coetzee, die museum se bestuurder.

Coetzee nooi alle inwoners om ’n lid van die museum te word of betrokke te raak by alles wat daar gebeur.

“Ons sal ook van jou tyd en vaardighede waardeer om verskeie geleenthede te help organiseer.”

Die museum is oop vir die publiek van Maandag tot Saterdag van 09:00 tot 13:00

Vir meer inligting stuur e-pos na robertsonmuseum@ gmail.com of kakel die museum by 023 626 368.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.