Motoriste moet help, rapporteer oortreders

Ek is van mening dit is in alle inwoners van die Swartland se belang dat padveiligheid bevorder moet word en dat oortreders raakgesien en aangemeld sal word. Die dae is verby dat mens gereeld verkeersbeamptes op hoofroetes gekry het wat besig was met sigbare polisiëring, veral dele van die N7 waar hoë ongelukslokaliteite bestaan. Die…


Ek is van mening dit is in alle inwoners van die Swartland se belang dat padveiligheid bevorder moet word en dat oortreders raakgesien en aangemeld sal word.

Die dae is verby dat mens gereeld verkeersbeamptes op hoofroetes gekry het wat besig was met sigbare polisiëring, veral dele van die N7 waar hoë ongelukslokaliteite bestaan.

Die enigste wetstoepassingsaksie wat motoriste deesdae sien, is die spoedkamera langs die pad. Volgens my is die enigste doel van ’n spoedkamera om geld in te bring en dra geensins by tot padveiligheid nie.

Dit is skokkend om te sien hoe word sperstrepe verontagsaam, voertuie verbygesteek in sig van aankomende verkeer sodat aankomende verkeer gedwing word om na sy linkerkant te beweeg om ’n botsing te vermy. Daar is net een manier om dit hok te slaan, en dit is voltydse verkeersbeamptes wat geen genade betoon en die padverkeerswet streng toepas.

In die afwesigheid hiervan moet ons wetsgehoorsame motoriste saamstaan en hierdie motoriste rapporteer wat die wet só blatant oortree en dink dat hulle daarmee sal wegkom

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.