Montagu maak korte mette met McGregor in weg-stryd

Die Montagu-rugbyklub het die afgelope naweek McGregor op laasgenoemde se tuisveld die stryd aangesê.


Die Montagu-rugbyklub het die afgelope naweek McGregor op laasgenoemde se tuisveld die stryd aangesê.

Cleve Malgas van Montagu het vroeg in die eerste helfte ’n onverdoelde drie gedruk om die telling op 0-5 te staan te bring.

Hierna het die wedstryd lekker wipplank gery, met McGregor wat teruggeslaan het met ’n onverdoelde drie deur Sydwin Hull en ’n skepdoel deur sy losskakel, Jerswin Cupido (telling 8-5 vir McGregor).

McGregor het hierna in die linkerkantse hoekie gaan druk ná goeie afronding deur sy vleuel Javier Maans. Cupido het verdoel en die telling het aangeskuif na 15-5 in die tuisspan se guns. Dit was ook die rustydtelling.

Kort ná rustyd het Montagu oortree en Cupido het weer geen fout met die strafdoel gemaak nie (telling 18-5).

Hierna het Montagu aanval na aanval van stapel gestuur en met 15 minute oor het Taine-Randall Booysen, die steelkantflank, oorgeval vir ’n drie wat verdoel is deur Ryan George. Dit het die telling op 18-12 te staan gebring.

Montagu het hierna sy ritme gevind en ná volgehoue druk het sy heelagter, Cleve Malgas, oorgegaan vir ’n drie, wat verdoel is deur Ryan George. Dit het aan die besoekers ’n voorsprong van een enkele punt (telling 18-19) gegee.

Hierna het Montagu weer verwoed aangeval en ná goeie samespel tussen die voor- en agterspelers het die regtervleuel, Reagen Visser, oorgegaan vir ’n bonuspuntdrie. George het verdoel en die telling het tot 18-26 aangeskuif, wat die eindtelling was.

Die uitblinkers vir die dag was McGregor se losskakel, Jerswin Cupido, en agsteman, Nashwell Marthinus.

Montagu se uitblinkers was die steelkantflank, Taine-Randall Booysen, en die kaptein en heelagter, Cleve Malgas.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.