Moorreesburg – Twee mans van onderskeidelik 52 en 61 jaar oud is omstreeks 18:00 Dinsdagaand (18 Februarie) op die N7-snelweg buite Moorreesburg deur die plaaslike polisie voorgekeer. Die twee verdagtes is volgens kapt. Tania Helfricht, ’n woordvoerder vir die Weskus-distrikspolisie, op heterdaad betrap en in hegtenis geneem omdat hulle na bewering met die spesifikasienommers van die voertuig waarmee hulle gery het, gepeuter het. Die verdagtes sou na verwagting vandag in die plaaslike landdroshof verskyn.
Misdaadnuus
|
Share this post:


