Misdaadnuus

Die plaaslike polisie van Malmesbury het die afgelope Saterdag (8 Februarie) die lyk van ’n 28-jarige man ná ’n noodlottige mesaanval in ’n huis aangetref.


Die plaaslike polisie van Malmesbury het die afgelope Saterdag (8 Februarie) die lyk van ’n 28-jarige man ná ’n noodlottige mesaanval in ’n huis aangetref.

Volgens ooggetuies het die oorledene, Donovan Ryk, ’n rusie met die verdagte, ook 28 jaar oud, gehad.

Die voorval het binne ’n huis in Wesbank plaasgevind, het sers. Henry du Randt, ’n woordvoerder van die Malmesbury-polisie, bevestig.

Die verdagte het kort ná die voorval van die toneel af gevlug, maar is later deur die polisie met behulp van lede van die Eagle Eye-buurtwag vasgetrek en in hegtenis geneem.

Hy het gister in die plaaslike landdroshof op Malmesbury op ’n aanklag van moord verskyn.

Die misdaad­voorkomings­eenheid van Malmesbury het op 5 Februarie inligting rakende ’n onwettige vuurwapen wat op ’n perseel in die omgewing gestoor is, ontvang.

Volgens Du Randt het die polisie op die inligting gereageer en die betrokke vuurwapen gedurende die soektog binne ’n bank aangetref. ’n 30-jarige verdagte is kort daarna vir die besit van ’n onwettige vuurwapen in hegtenis geneem. Volgens Du Randt het die verdagte op 6 Februarie in die Malmesbury-landdroshof verskyn.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.