’n 40-jarige verdagte van Malmesbury het Maandag, 3 Februarie in die plaaslike landdroshof op aanklag van poging tot moord verskyn nadat sy ’n 30-jarige man met ’n mes gesteek het.
Die voorval het volgens kapt. Tania Helfrich, ’n polisiewoordvoerder vir die Weskus-distrik, die vorige naweek op 25 Januarie plaasgevind nadat die verdagte omstreeks 21:15 die Saterdagaand by ’n familielid van die slagoffer se huis in Muisvoëlstraat aangekom het.
“Die slagoffer het die verdagte gevra om weg te gaan, gevolg deur ’n messteekaanval. Die slagoffer is kort ná die voorval na die Tygerberg-hospitaal geneem vir verdere mediese behandeling.. In nóg ’n messteekvoorval staan ’n verdagte tereg op die aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer. Dit volg nadat ’n 23-jarige vrou omstreeks 00:30 die afgelope Saterdagoggend (1 Februarie) in Bloekombosstraat, Malmesbury, drie keer met ’n mes gesteek is.
“Die verdagte – ook ’n vrou – het glo gedreig om die klaer te slaan. Die verdagte het die klaer na bewering gevolg en haar daarvan beskuldig dat sy (die klaer) in haar verhouding inmeng en het haar kort daarna begin aanrand. Die klaer het glo uit selfverdediging ’n stok gegryp en die verdagte daarmee geslaan. Die verdagte het daarna haar huis binnegegaan, ’n mes gaan haal en die klaer in die arm, skouer en rug gesteek. Die verdagte is nog nie in hegtenis geneem nie.. Die 27-jarige Mandla Phike is Sondagoggend (2 Februarie) omstreeks 06:50 met meswonde in Nonquebelastraat, Illingelethu gevind.
Phike is op die toneel deur nooddienspersoneel dood verklaar. Sy aanvaller is tans onbekend en steeds op vrye voet.