Kry jou springmielies reg en gaan sit op die punt van jou stoel, want jy gaan al agt episodes van die nuwe Afrikaanse komedie-reeks Lewe in Lubbestraat in een aand wil kyk.
Die reeks, geskryf deur Carla Burg, speel af in ’n wêreld van kanse, uitdagings en meer gelag as wat jy verwag. Christo en sy vyf vriende bly saam in Lubbestraat, en ’n dag gaan nie verby sonder ’n avontuur wat aangepak word of ’n vrees wat oorkom moet word nie. Die groep het elkeen ’n plakker op hul kar met ’n belofte dat enige oomblik saam ’n avontuur kan wees. Neem egter kennis – met dié lot in dieselfde vertrek, is daar altyd lewe in Lubbestraat.
Louis Auret, ook bekend vir sy rol in Binnelanders en 7de Laan, vertolk die rol van Jonathan Wolmerans, Christo Immelman se beste vriend van hoërskool af. Ou Jono het ’n buurvrou, Ella Jansen, wat gespeel word deur die Instagram-sensasie Mia Jansen van Rensburg. Ella se vriendin, Nadia Pelser, die mamma van die groep, word gespeel deur Gizzelle Uys, ’n voormalige Mej. Eco International.
Dan is daar natuurlik ook die baker van die dorp, Veronica Snyman, wat vertolk word deur Minke Brits en haar liefdesbelangstelling, Markus le Roux, gespeel deur Ruach Burger.
Dis deesdae omtrent ’n gewoeker agter die skerms van Lewe in Lubbestraat soos die vervaardigers op soek is na ’n nuwe Christo (die hoofrol) voor die verfilming van die eerste seisoen volgende maand afskop in Gauteng.
Maak ’n nota in jou dagboek, want op 30 Junie is Lewe in Lubbestraat op jou TV-skerm beskikbaar, en hoewel die reeks nie tans op televisie en aanlyn platforms te siene is nie, is ’n sosialemediablad vir die reeks beskikbaar, wat baie opwinding onder sy 7 000+ -volgelinge op Instagram @leweinlubbestraat en TikTok @leweinlubbestraat saai.